Op die green: na jou tweede putt is die bal steeds nie in die gat nie, so jy sou ten minste 3 putts nodig he om die bal te sink.
S&H Cup
2025 Feeling Dangerous Vijl Bijl Golftoer
Die reelboek vir die laaste 3-putt, die glas, die mengsel, en die straf wat niemand wil wen nie. Geen gimmies. Geen sambreeltjies.
Format
S&H Cup
Trigger
Last 3-putt
Serving
3 x 25ml
Mercy
None
3-putt beteken
Die green, die fringe, en die 20m gevaarzone.
Hierdie is waar die argumente gewoonlik begin, so die vierbal se meetwerk en timing tel.
Hier rondom gat 13 of so, soos die vierbal besluit, moet putts wat net-net gemis word gemerk word om te kyk wie is Snakey. Daar bestaan nie iets soos gimmies op hierdie toer nie.
As jou tweede of derde putt vir 'n punt was en jy mis, is jy die Snakey tensy iemand anders in jou vierbal dit na jou doen. Dan kan julle lekker saam lag oppad na die volgende T-box toe oor hoe kak julle putt, maar darm is net die laaste kak putter die Snakey.
Die stok wat jy op die gat wat jy besig is om te speel se green gebruik, geld as jou putter. Klaar. So jy kan nie se: maar ek putt met my sandwedge, so dit tel nie.
Af van die green, fringe, fairway, rof, etc: as jy besluit om jou putter binne 20m vanaf die green te gebruik, tel jou drie houe van daar waar jy slaan af. Al drie die ander spelers in jou vierbal moet saamstem oor die 20m.
As jy met jou putter van enige plek binne 20m van die green, of op die green, bo-oor die green slaan of kort van die green eindig, en dan besluit om 'n ander stok te gebruik om weer terug op die green te kom, begin jou drie houe nie van voor af nie.
Binne 20m van die green tel 'n chip in die tande of putt met jou hybrid of 3-hout as enige ander golfhou en het niks met Snakey te doen nie.
Die glas
Hoe die Snakey gebou en afgedwing word.
Wie drink?
Jy drink 'n Snakey as jy die laaste speler in jou vierbal is wat 3-putt in 'n rondte van 18 gate golf.
Wat is in die glas?
'n Snakey bestaan uit 3 tots, 25ml elk, drinkbare vloeistof wat saam in een glas gegooi moet word sonder ys of mixers.
Wie kies die tots?
Elke speler van die betrokke vierbal wat nie die Snakey gewen het nie, kan een tot van enige drinkbare vloeistof kies vir die Snakey glas. Wees enigiets van 'n klein doos tot 'n middelmatige doos met jou keuse, maar moenie 'n P03$ wees nie.
Wat tel as drinkbaar?
Drinkbare vloeistof beteken enige vloeistof wat alkohol bevat, by die golfbaan se kroeg te koop is, en nie op die SABS lys vir dodelike middels verskyn nie. Koeldrank, melk, oros, water ens. pas met ander woorde nie in die definisie in nie.
Standaard mengsel
Ons het hierdie redelik gestandardise as 'n tot elk: RedHeart, Gordons en Richelieu. As almal saamstem kan dit verander.
Hoe drink jy dit?
Jy moet die Snakey opdrink sonder om te rus of te vra vir 'n cocktail sambreeltjie of iets. Down-it-one-shot op instruksie van die ander spelers. No questions!
Kots-klousule
As daar bewyse is dat jy gekots het binne 5min na die Snakey, kry jy nog een. Ens. ens.
Musiekregte
Eers 10min na die drink van die Snakey mag jy begin Stukkie van der Merwe sing.
________XXXX________
Snakey is nie 'n straf nie. Dis kultuur met 'n nasmaak.